Home        Society        Breed        Database        Performance Testing        Sales        Shows        Documents        Publications        Links        Gallery        Contact

Witpoort Limousins
____________________________________________________

  
      Victor Swart
      Plaas Witpoort (20km buite Klerksdorp op die Ventersdorp pad)
      083 407 2275
      ann.swart@kdwisp.com

 

Witpoort Limousins - Onverbeterlike kwaliteit !

Die plaas is al vir geslagte in die familie. Later is aangrensende plase aangekoop en groot gedeeltes daarvan is onder spilpunt besproeing vanuit die Schoonspruit, wat aan die grond grens. Behalwe die stoet is hier  ook skape, kommersiële beeste, plant van veral mielies, koring en voer.

Die stoet behoort aan Dr Etienne Swart, wat steeds praktiserend in Bothaville is. Die stoet is aanvanklik geregistreer as Dr E Swart en seuns op 1 Augustus 1990, waar die bul Gingo en Jacasse as vroulike diere direk van Frankryk ingevoer is. Gedurende hierdie tyd voer Coen Steenkamp  Idalgo in en Theo Kruger, Junior. Die drie bulle word geroteer tussen die drie stoete. Die naam verander na Witpoort Limousins op 31 Mei 2008.

Victor is tans in beheer van al die boerdery aspekte en in 2005 word ekstra grond aangekoop in die Kroonstad omgewing, juis vir weiding en veiling doeleindes.

Victor dien sedert  21 September 2006, op die Limousin raad, waar hy tot vise-president verkies is in November 2008 en weer herkies is gedurende September 2010. Sy portefeulje is Nampo. ‘n Bewys vir sy passie en hart vir boerdery in die geheel en veral die Limousinras.

‘n Groot deel van die populasie in Suid-Afrika eet rooivleis en as boer moet ons voldoen aan hierdie behoefte. Landbougrond word nie meer nie, so om ‘n groter verskil te maak, voeg die Limousinras by u kudde. Die voordeel sal u veral sien waar kruisteling toegepas word met Limousinbulle. Die kalwingsgemak maak die ras vir u soveel makliker om te bestuur en die speenkalwers se groei sal u verras tydens speentyd.

Kom woon gerus ons produksie veiling, elke eerste Woensdag van Augustus , te Kroonstad,by of kom besoek ons enige tyd op die plaas. Ons oortuig u graag van die voordele waarop u reeds solank uitmis.

Of u ‘n stoetboer, ‘n kommersiële boer of kruisrasboer is, gaan koop ‘n Limousinbul. Dis die beste waarde vir geld!

In ons familie het ons ‘n ou gesegde:  “Jy spaar nie op jou bed of skoene nie, want ‘n groot deel van jou lewe spandeer jy daarin”.

As jy in boerdery is, spaar jy nie op bulle nie, want dit is jou boerdery se produksie fondament!
  
       

 
 
   
 
 
 

© 2013 - 2020 Limousin Cattle Breeders' Society of South Africa
Website Terms & Conditions

ADDRESS:   172 Benade Rylaan, Fichardtpark, Bloemfontein, 9300
TELEPHONE:   (051) 444 5082 / 082 571 6709
EMAIL:   info@limousinsa.co.za